Afrikaanse gedigte

Gedagtestroom

My malende gedagtes
ek het daarvan soveel
nie vir een sekonde
staan my gedagtes stil
in my hoof

Daar skreeu my gedagtes
onrustig en druk
diep binne in my
ek laat my gedagtes vry
om te gaan

Steeds maar verder
van my vandaan
alle kante op
sonder een geluid
maar altyd kom my gedagtes
by hem uit


Die wind

 

Luister mooi my kind
dan kan jy hulle hoor
die verhale wat die wind
vertel aan die hawer

Luister mooi my kind
anders hoor jy hulle nie
die verhale wat die wind
sig-sag sing in die riete


Luister mooi my kind
jy is ‘n digter gebore
wanneer jy in die wind
dit alles mooi kan bêre

Ons gesprek

My liewe Afrikaanse vriendin
bly met my klets
want ek geniet die prentjies
wat jou woorde skets

as jy met liefde vertel
oor jou mooie land
sien ek die grote see
die skulpies en die strand

die hoë berge
met hulle pragtige uitsig
die rivier wat glinster
in die goue sonlig

die bome, die bonte blomme
die diere, die huisies en elk mens
eendag kuier in jou mooie land
saam met jou dis alles wat ek wens

Maak jouw eigen website met JouwWeb